#skryf

img01

Hy weet wat jy nodig het. 🙏 #afrikaans #skryf #woorde #wjvr

2 0
img01

Sy’t vir my gesê sy’s lief vir my. Sy’t gesê sy gaan daar wees tot die einde toe, maar toe ek weer sien het sy, saam met die son, in die nag in verdwyn. My hart vloek my nog party dae omdat ek toegelaat het dat sy uit my lewe verdwyn het, maar dit was nie my keuse nie. Ek mis haar. Ek sien haar elke dag en die herinneringe lê laag in my gedagtes. Só baie stories saam met haar met soveel betekenis. Waar is dit nou? Jy’t gesê jy gaan nie weggaan nie, maar waar is jy nou? ©@nuwe_denke 📷: eg_ek #afrikaans #verdwyn #hartseer #seerkry #skryf #skrywer #skryfkuns #kuns #kunst #eg #ek

243 0
img01

HOOR (volle liedjie op facebook) wie is jy om vir my te sê dit is hoe dit is dit is hoe dit sal wees ek moes tussen die lyne lees en wie is jy om my hart hier neer te lê en te sê jy wil dit nie hê nie kyk vir my wanneer ek met jou stry dit maak seer wanneer jy wegkyk kyk vir my kyk wat jy hier agterlos ek gee dele van my maar jy loop en mors maar vanaand skryf ek vir jou 'n song om te sê ek sal vir altyd hier staan kyk hoe jy omdraai en wegloop en trane skiet uit my oë wat het van ons geword? maar vir nou lê ek my wapens neer en ek skree my hart is nie gebreek nie dis net seer my hart is net seer hoor jy my akkoorde? dit sê meer as my woorde so eerlik soos my drome en jy sê dis verbode terrein en hoor jy my stem? ek wil dit in jou hare neerlê sodat dit in jou oor kan fluister en jy vir altyd daarna kan luister en dit gaan so en dit gaan so en dit gaan so ek wou jou nooit verloor nie ©eg_ek #afrikaans #hoor #skryf #skrywer #liedjieskrywer #oorspronklik #skryfkuns #kuns #kunst #selfgeskrewe #eg #ek #seerkry #gevoelens #emosies #stem #akkoorde #klavier

174 17
View More